Deel

Tennislegende Martina Navratilova onthul sy is ‘kankervry’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Martina Navratilova se vrou, Julia Lemigova, en stiefdogters, Emma en Victoria, ondersteun haar in haar stryd teen bors- en keelkanker. Foto: Gallo Images/Getty Images
Martina Navratilova se vrou, Julia Lemigova, en stiefdogters, Emma en Victoria, ondersteun haar in haar stryd teen bors- en keelkanker. Foto: Gallo Images/Getty Images

Die tennislegende Martina Navratilova het pas die grootste stryd van haar lewe oorwin. Martina (66), wat as een van die beste tennisspelers ooit beskou word, het onthul die kanker is in remissie nadat keel- en borskanker in Januarie by haar gediagnoseer is.

“Sover ek weet, is ek kankervry,” het sy vandeesweek aan TalkTV se Piers Morgan Uncensored vertel. Die emosie het haar oorweldig toe sy vertel  hoe sy die klok in die hospitaal gelui het, wat kankeroorwinnaars doen om te vier dat hulle kankervry is. “Ek het dit drie keer gelui,” het sy deur die trane vertel. 

“Dis baie moeilik om nie te huil nie, jammer. Ek huil deur net daarna te kyk, want jy kan nie wag om die klok te lui nie, en dis steeds in God se hande of jy heeltemal genees is of nie, maar jy hoop vir die beste.”

Martina het in Januarie die verpletterende nuus oor haar diagnoses gedeel en gesê sy gaan “met alles in my baklei daarteen”, en bygevoeg: “Hierdie dubbele slag is ernstig, maar steeds geneeslik en ek hoop op ’n gunstige uitkoms.”

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Jongste uitgawe

23 Maart 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees