Deel

Kim en Kanye: Is die strydbyl dan begrawe?

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Het Kim Kardashian en Kanye West vrede gemaak?

Wel, 'n mens sou hulle kwalik boesemvriende kon noem, maar deesdae is daar toenemende vreedsaamheid tussen die twee, meen ’n bron na aan die voormalige glanspaar. 

Die rede? 

Hulle kinders. Die rapper en die televisiester se verhouding is deesdae “baie gesonder” as wat dit voorheen was, vertel die bron. Veral noudat Kanye se nuwe vrou, Bianca Censori, ook in die prentjie is.

Kim en Kanye het vier kinders: North (9), Saint (7), Chicago (5) en Psalm (3).

“Kim is gefokus op haar kinders en om hulle in ’n gesonde omgewing groot te maak. Dit sal altyd die prioriteit wees,” vertel die bron.

“Hulle het steeds ’n paar oor-en-weer-argumente, maar hul hoofdoel is om op ’n gesonde manier saam hul kinders groot te maak.”

Die kinders bring glo deesdae ál meer tyd met hul nuwe stiefma, Bianca (27), deur. North het onlangs saam met haar pa en Bianca, ’n argitektuele ontwerper, by die eetplek Nobu in Malibi gaan eet.

MIAMI, FL - DECEMBER 05: Kanye West speaks at Sur
'n Bron onthul dat Kim Kardashian bewus is dat haar kinders meer tyd saam met Kanye se nuwe vrou, Bianca Censori, deurbring en dit is goed. Foto: Gallo Images/Getty Images

“Kim wil hê Kanye moet vrede hê. En as Bianca daarmee help, is dit in die haak met haar.”

Die nuus oor Kanye se huwelik het nuusopskrifte gehaal skaars twee maande nadat hy en Kim hul egskeiding gefinaliseer het. Kim ontvang maandelikse kinderonderhoud van $200 000 (R3,6 miljoen).

E! News het eerste oor Kanye en Bianca se trouseremonie berig ná gerugte in Januarie dat hulle ’n paartjie is. Voor dit het Kanye in Desember ’n liedjie met die titel “Censori Overload” uitgereik.

Bianca is in Australië gebore en werk sedert November 2020 by Kanye se Yeezy-ontwerpmaatskappy. Sy besit ’n juweliersonderneming, Nylons, wat sy as student begin het. 

Kim, wat tans nie in 'n verhouding is nie, het verlede November ná nege maande met die akteur en komediant Pete Davidson (29) uitgemaak.

“Kim sal weer eendag op afsprake gaan,” sê die bron. “Sy is in hierdie stadium oop daarvoor.”

Bronne: Eonline.com, People.com


heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Jongste uitgawe

15 Junie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees