Niel en Chereze, wat liefde gevind het in die 13de seisoen van Boer soek ’n vrou, word in Desember weer ouers.
Hulle het in Augustus verlede jaar hul dogtertjie, Catrine, verwelkom.
“Ons is baie opgewonde oor die feit dat ons nog ’n babatjie op pad het,” sê Chereze.
“My en Niel se hartsbegeerte is ’n groot gesin, en daarom kan ons net dankie sê vir die seëning en wonderwerk.”