Nadat hul liefde in 2021 in die 13de seisoen van Boer soek ’n vrou begin blom het, het Chereze Maree en haar aantreklike boer vroeër vanjaar op die skilderagtige vrugteplaas Kaleo buite Prince Alfred Hamlet getrou.
Die pasgetroudes het kort daarna in Februarie op sosiale media verklap hulle gaan vir die eerste keer ouers word. Hul dogtertjie, Catrine Elizabeth, is in Augustus gebore.
Sy ry meer as twee jaar al die land se agterpaaie plat om boere te help om liefde te vind. Maar in April vanjaar was dit die Boer soek ’n vrou-aanbieder se beurt om haar liefde te verseël.