Kwêla se Hannes van Wyk is nou grys! Dit gons oor bekendes se hare

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
'Kwêla'-kykers was Sondag onkant betrap toe die aanbieder Hannes van Wyk se bruin hare so te sê oornag in 'n grys boskaas verander het.
Hannes van Wyk,hare
Hannes se nuwe haredos. Foto: Verskaf
Hannes van Wyk,hare
Hannes van Wyk se grys hare. Foto: Verskaf

Hannes se nuwe haarstyl is geïnspireer deur 'n nuwe kykNET-reeks waaraan hy werk.

"Ek speel 'n ou oom en moes my hare grys maak en my kop langs die kante skeer vir die lateks prostese," vertel hy. Meer oor dié reeks mag hy nog nie verklap nie. Al wat hy sover kan onthul is dat dit op 'n verhoogstuk en fliek gegrond is.

Hy weet nog nie of hy hou van sy nuwe grys haarstyl en of hy weer sal terugkeer na sy vorige kleur nie, vertel Hannes vanaf die stel van die reeks. 'n Huis is spesiaal in 'n Kaapse voorstad opgerig om tonele vir die reeks te verfilm.

"Kyk, ons sal maar sien hoe lank dit hou."

Hannes van Wyk. Foto: Verskaf
Hannes van Wyk. Foto: Verskaf

Dis nie net Hannes se grys hare wat nuwe haarstyle inspireer en mense wil laat afsit salon toe nie.

Die sangeres Charlize Berg se blonde kapsel is ook byna oornag omgetower in 'n pers met 'n tintsel pienk haredos. En haar aanhangers kan nie genoeg daarvan kry nie.

"Love jou hare! Jy's beeldskoon," het een in die kommentaarafdeling laat hoor toe sy 'n foto van haar nuwe haredos op haar Instagram-blad gedeel het.

"Al die kleure smelt so mooi saam," het nog een van haar volgelinge geskryf. "Jou sagte rooi lippe saam met die krullerige pers hare en pienk trui met 'n paar groen grys oë vir kontras."

Die sanger, akteur en fotograaf Willem Botha spog ook deesdae met 'n witgrys kapsel.

Die sangeres Karlien van Jaarsveld, wat ook een van die dae in die tweede seisoen van die sangkompetisiereeks Die Kontrak te sien is, het ook op Instagram 'n nuwe byderwetse kapsel met haar aanhangers gedeel. In die foto rond sy haar nuwe voorkoms af met 'n pienk noupassende rok.

"Oe dit lyk mooi! Pienk is jou kleur," het die sanger Dirk van der Westhuizen laat hoor.

  • Moenie enige groot nuus misloop nie! Vir boeiende nuus oor bekendes en aangrypende mensestories, teken in by Huisgenoot se daaglikse nuusbrief, “Huisgenoot Vandag”. 
Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in


Jongste uitgawe

6 Oktober 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees
Huisgenoot Eisteddfod

Wys jou talent en kry meestersklasse by bekendes!

Huisgenoot Eisteddfod
Is jou kind talentvol en lief vir die kunste? Skryf nou in vir Huisgenoot se splinternuwe aanlyn nasionale kunsfees.
Skryf nou in