KYK: 5 keer wat Tamaryn Green en haar kêrel ons harte laat vermurwe het

akkreditasie
Die liefde blom behoorlik tussen die voormalige Mej. Suid-Afrika Tamaryn Green (26) en haar kêrel, die entrepreneur Zesimdumise ‘Ze’ Nxumalo (27).

Die paartjie het mekaar in September 2018 by die opening van 'n winkel in Johannesburg ontmoet waar hulle albei as gaste genooi was. Hulle is al ’n jaar en ’n half in 'n verhouding en is steeds smoorverlief. 

Ons kyk na ’n paar keer toe die twee hul liefde vir mekaar in die sosiale media verklaar het

Tamaryn, 'n boorling van Paarl in die Wes-Kaap wat in 2018 as die mooiste vrou in die land aangewys is, het ter viering van Ze se 27ste verjaardag in Junie ’n hartlike boodskap aan haar kêrel op Instagram gedeel: “Dankie dat jy my grootste ondersteuner en beskermer is, altyd ’n glimlag op my gesig sit en ’n skouer is om op te leun,” het sy geskryf.

Tamaryn en haar liefie het in November verlede jaar die 2019 Style-prysaand in Johannesburg bygewoon en in bypassende uitrustings hul debuut as paartjie op die rooitapyt gemaak. 

View this post on Instagram

Appreciation post ??

A post shared by Tamaryn Green (@tamaryngreen) on

Tamaryn, ’n mediese student wat ook in 2018 die naaswenner in die Mej. Heelal-kompetisie was, het onlangs ’n foto van haar en haar kêrel gedeel en daarby geskryf: “My person.

View this post on Instagram

My Person. ?? . . ?? @allyours_photo

A post shared by Tamaryn Green (@tamaryngreen) on

Tamaryn het in Februarie ’n reeks foto’s ter viering van hul eerste herdenking as paartjie gedeel met kiekies van vakansies, etes en rooitapyt-geleenthede. “Een jaar, hand aan hand met my gunsteling-mens in die wêreld. Dankie, God, dat jy hom in my lewe gebring het.”

Ze deel weinig iets in die sosiale media, maar het op sy meisie se verjaardag op 19 Augustus geskryf: “Lekker verjaar, my koningin. Ek het jou liewer as wat jy ooit sal weet.”

So wat is die geheim vir hul verhouding?

“Dis eenvoudig, ons is mekaar se beste vriende,” het Tamaryn vroeër aan Huisgenoot vertel. Hy is boonop ook romanties verby.

“Hy is baie romanties. Hy weet geskenke met sentimentele waarde beteken meer vir my as materialistiese dinge,” het Tamaryn vertel.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe

Jongste uitgawe

26 Mei 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees