Die akteur, wat onlangs aangekondig het hy gaan ná 14 jaar sy rol as die prokureur Xander in 7de Laan vaarwel roep, maak nou gereed om op 21 Desember af te haak.
Theodore en sy verloofde, Tammy van der Merwe, ’n prokureur en boorling van die Swartlanddorpie Malmesbury, gaan op ’n wildplaas in Limpopo ewig trou aan mekaar beloof. Die paartjie het 'n eenjarige seuntjie, Shiloh, en woon in Johannesburg.
Sy rampartytjie het Saterdagoggend begin met 'n potjie gholf by die Eagle Canyon-gholflandgoed in Roodepoort, vertel Theo aan Huisgenoot. "Dit was ’n pragtige en heel rustige oggend saam met my vriende Randy Deal, Herbie Groenewald en Albe van Wyk (een van my strooijonkers)."