Ashish, wat al onder meer in die sepie Isidingo te sien was as die IT-spesialis Prada, het onlangs op een fliekstel beland met die Amerikaanse aktrise (33), wat al in lokettreffers soos Transformers en Teenage Mutant Ninja Turtles gesig gewys het.
"Die fliek heet Rogue en die fantastiese M.J. Bassett (wat steek agter gruwelflieks soos Deathwatch en Silent Hill: Revelation) behartig die regie," vertel Ashish oor die aksiefliek. Meer oor sy rol kan hy nog nie verklap nie. "Ons skiet die fliek op verskeie plekke in Suid-Afrika, maar meestal in die bos," sê die 35-jarige akteur.
"Dis fantasties. Ek sien altyd uit daarna om met internasionale talent te werk en sy is net wonderlik. Sy is een van die coolste, gaafste en hoogs intelligente mense wat ek al ooit ontmoet het en sy bring altyd so 'n wonderlike teenwoordigheid en energie na die stel," sê Ashish.