KYK: Aktrise Quanita Adams deel foto's van eersteling

akkreditasie
Die aktrise Quanita Adams het onlangs die lewe geskenk aan haar en haar man, Brian Monroe, se eersteling.

Die Kaapse aktrise, wat onder meer in die telenovelle Arendsvlei en die dramareeks Sara se geheim te sien is, het onlangs op sosiale media onthul haar eersteling, 'n dogtertjie, is hier.

Quanita (42) het op Werkersdag op 1 Mei 'n foto van 'n hospitaal se babaeenheid-kennisgewingbord op haar Instagram-profiel gedeel.

Talle bekendes het toe al die aktrise en haar man, Brian (31), ’n Amerikaner en ekonomienavorser verbonde aan die Universiteit van Kaapstad, begin gelukwens en sterkte toewens met hul kleinding se koms. Onder hulle was die aktrise Rolanda Marais, wat nou in die fliek Griekwastad te sien is, en die 7de Laner Hildegardt Whites.

Waiting for great news?,” wou Brendon Daniels, wat saam met Quanita in die reeks Sara se geheim te sien is, weet.

“Fokus. Sterkte. Ons is lief vir jou,” het hul medester Lee-Ann van Rooi laat hoor.

q
Die foto wat Quanita laas week opgelaai het toe sy in die hospitaal opgeneem is. Foto's: Instagram/QuanitaAdams

Twee dae later het Quanita foto's van haar en haar man, Brian, met hul nuweling op Instagram gedeel. 

Quanita Adams het onlangs geboorte gegee aan haar
Quanita Adams het onlangs geboorte gegee aan haar en haar man, Brian Monroe, se eersteling. Foto: Instagram/QuanitaAdams


Talle bekendes het die paartjie, wat in Januarie hul tweede huweliksherdenking gevier het, op Instagram geluk gewens met die babanuus. 

“So mooi, wow," het Maurice Carpede, wat onlangs as die skurk Waanie in Arendsvlei te sien was, laat hoor. “Geluk liewe Q en Briyani!” het die sangeres en voormalige Boer soek 'n vrou-aanbieder Leah geskryf. 

Uit Quanita se inskrywings aanlyn blyk dit dat haar eersteling Alia heet. 

“A is vir . . . Sy is een week oud vandag! Yay!” het Quanita Vrydag op Instagram geskryf. “Ons het dit deur ons eerste week gemaak. Om dit te vier het ek hierdie lawwe speletjie gemaak. In die vroeë môre terwyl ons gewag het vir slaap. Merk jouself as jy jou naam sien,” het die nuwe ma laat hoor. Op die foto is die name Quanita, Brian en Alia omkring. 

Quanita het op Moedersdag ook oulike foto's van haar en haar dogtertjie saam met haar ma, Felicity, op Instagram gedeel. “Gelukkige Moedersdag. Dankbaar dat my eie ma @felicityandnazeem hierdie eerste saam met ons kan deel,” het sy daarby geskryf. 

Die aktrise, wat ook in Netwerk24 se blitsreeks Op en af te sien is, het kort voor haar kleinding se koms aan Huisgenoot vertel dat haar eerste swangerskap goed verloop het.

“Ek het eintlik geen rede om te kla nie, want hierdie swangerskap was baie maklik. Ek het nie morning sickness gehad nie, ek het nie mood swings gehad nie, daar was nie cravings nie, ek eet nog alles waarvan ek hou.

“Ek het aan die begin 'n bietjie hoofpyn gekry. Maar my energievlakke was hoog; my bloeddruk was goed,” vertel Quanita, wat tot kort voor die inperking nog kliphard gewerk het aan die splinternuwe SABC2-reeks The Riviera, wat losweg op haar grootwordjare in Lotusrivier op die Kaapse Vlakte gegrond is. Sy is die skepper en verteller van die reeks.

Baie geluk, Quanita en Brian! 

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitter en Facebook en teken gerus in op ons nuusbriewe.


Jongste uitgawe

2 Junie 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees