book-icon Uitgawe 27 Desember 2018

KYK: Besige Kupido sorg vir talle verlowings in 2018

akkreditasie
Carel Nel en Cintaine Schutte. Foto: Verskaf.
Carel Nel en Cintaine Schutte. Foto: Verskaf.

In die kykNET-regsdrama Fynskrif het hul verhouding op die rotse beland, maar in die regte lewe het Carel Nel en Cintaine Schutte op Leeukop in Kaapstad verloof geraak.

Die aktrise Kim Cloete spog met ’n verloofring nadat die akteur en stemkunstenaar Murray Todd haar om haar hand gevra het. Theodore Jantjies, bekend vir sy rol as Xander in 7de Laan, en sy prokureursmeisie, Tammy van der Merwe, het ná 14 jaar as ’n paartjie by die Hayward Lodge in die Dinokeng-natuurreservaat verloof geraak.

Dozi het nie die ouderdomsverskil van 27 jaar tussen hom en die eiendomsagent Kim Viljoen in hul pad laat staan nie. Hy het haar voor die kaggelvuur in sy huis naby Hartbeespoort om haar hand gevra.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

27 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees