KYK: Charlize Berg hou vakansie in betowerende Egipte

akkreditasie
Die sangeres Charlize Berg by die piramides in Egipte.
Die sangeres Charlize Berg by die piramides in Egipte.
Instagram
Die sangeres Charlize Berg kerjakker in die land van die farao’s en piramides.

Sy en manlief, die argitek Warren Linden, het na Egipte gereis om hul tweede huweliksherdenking te vier.

Die twee, wat al sedert hul skooldae ’n paartjie is, se troudag in April 2017 was so reg uit ’n sprokie toe hulle op Muldersdrift, wes van Johannesburg, getroud is. 

“Dis een van die lande wat ons nog altyd wou sien. Ek hou van die antieke geskiedenis en Warren geniet die argitektuur. Dis ’n goeie kombinasie,” het Charlize kort voor hul vertrek na Egipte vertel.

Gedurende hul kuier het sy in die sosiale media laat hoor hoe die vindingrykheid van Egiptenare haar verstom.

“Egipte, jy het my hart gesteel,” het sy geskryf by foto’s waar sy by die land se piramides staan.

Warren kon ook nie genoeg kry van Egipte se vergange kultuur, monumente en argitektuur nie.

Dit was 'n besige tyd van viering vir die paartjie. Charlize het kort voor hul vertrek na Egipte verjaar en die paartjie het ook ’n pienk partytjie gehou om hul dogtertjie, Aleiah-Rose, se eerste verjaardag te vier.

Oor hul kleinding se partytjie sê Charlize: "Dit was magical."

Jongste uitgawe

27 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees