KYK: Days se Sami is mal oor die Krugerwildtuin

akkreditasie
Alison Sweeney, oftewel Days of Our Lives se Sami, kuier tans in Suid-Afrika en is omtrent in haar noppies met die diere in die wildreservaat.

“Hierdie plek is net ongelooflik. Oral waar jy kyk, om elke hoek is net nóg ’n asemrowende uitsig,” het die 42-jarige blondekopaktrise oor haar ervaring in die Krugerwildtuin op Instagram laat hoor. “Ek het nie woorde om te beskryf hoe spesiaal dit is om hierdie oomblik saam met my ma te deel nie. Sy het nog altyd hiervan gedroom!” 

Sami, haar ma (Polly Sweeney) en haar dogter, Megan Sanov, hou ’n spesiale “meisies-vakansie” waar hulle avonture op hul emmerskoplysie aanpak. 

Maar hulle is geensins die enigste toeriste wat die bekende wildreservaat geniet nie.

True Luxury Travel, ’n internasionale reisagentskap, het vandeesmaand safari’s in die kuberruim bestudeer en vasgestel dat Suid-Afrikaanse bestemmings soos die Krugerwildtuin ’n gunsteling onder toeriste van oor die wêreld is. Hulle het gekyk na die safari-bestemmings wat die meeste reaksie uitgelok het en ’n top-10 opgestel van Instagram-gebruikers se kiekies. 

Hier volg die drie Suid-Afrikaanse safari’s wat onder die top-10 naam maak.

Krugerwildtuin

Die Krugerwildtuin is in die derde plek op die ranglys. Dié gewilde wildreservaat is een van die grootste wildreservate in Afrika. Dit vorm tans deel van die Great Limpopo Transfrontier Park, ’n vredepark wat die Kruger Nasionale Park met die Gonarezhou Nasionale Park in Zimbabwe, en met die Limpopo Nasionale Park in Mosambiek.

Addo-olifant-Nasionale Park

Dié park is in die sesde plek op die ranglys. Dis ’n diverse wildbewaringspark in die Oos-Kaap wat besoekers die vryheid bied om op hul eie tyd die park se prag te ontdek. 

Sabi Sands-privaat wildreservaat 

Die Sabi Sands-privaat wildreservaat is in die negende plek. Suid-Afrika se Groot Vyf-diere word hier toegelaat om vrylik rond te beweeg aangesien daar geen versperrings is nie tussen die Sabi Sands-wildreservaat en die Krugerwildtuin in Mpumalanga waaraan dit grens.

Ekstra bron: True Luxury Travel
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.


Jongste uitgawe

27 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees