Die akteur Tim Theron, bekend vir Klein Karoo (2013) en Mooirivier (2015), het onlangs ’n foto gedeel waarin hy sy sespak en gespierde arms wys, en dit het behoorlik die koppe laat draai.
Dié nuwe voorkoms is die vrugte wat hy pluk van ’n intensiewe oefenprogram wat hy die afgelope paar maande volg.
Die doel daarvan? Nie om koppe te laat draai nie, verseker Tim gou.