Toe sy in Augustus vir die eerste keer ’n foto van haar en die man in haar lewe op Instagram deel, het sy daarby geskryf: “Jy weet dis ernstig as ek my eie reëls oortree.”
Nou verklap sy hulle is al die afgelope 10 maande ’n paartjie. “Dis die beste gevoel in die wêreld. Hierdie keer voel dit anders,” sê sy.
Sy en die man, wie se naam sy verkies om nie te noem nie, was saam leerlinge aan die Hoërskool Kingsway in Durban. “Ons is al jare vriende! Hy ken my vandat ek 14 is.”