Deel

KYK: Die storie agter die knoets aan Jo Black se vrou se vinger

akkreditasie
Jo Black en Debbie. Foto's: Instagram/@joblack8
Jo Black en Debbie. Foto's: Instagram/@joblack8
Die sanger Jo Black het onlangs vir sy vrou Debbie die mooiste trouring gegee nadat sy haar eerste een drie jaar gelede verloor het.

Die Voel Jy die Genade-sanger het onlangs ’n foto in die sosiale media gedeel van die stewige knoets wat deesdae aan sy vrou se ringvinger pryk. 

“Ek moes 12 jaar gelede my gat af spaar om genoeg geldjies bymekaar te maak om vir @debbie_engel ’n trouring te kon koop,” skryf die sanger. 

“Dit het nooit oor die waarde vir haar gegaan nie; meer die sentiment omdat sy weet hoe hard ek vir hom gewerk het. Daai ring het ongelukkig drie jaar gelede verlore geraak. Vandag het ek die voorreg gehad om weer vir haar een van die mooiste trouringe te gee en te sien hoe sy weer net so opgewonde is soos die dag toe ek haar gevra het om te trou,” skryf die sanger. 

Van die sanger se 95 800 Instagram-volgelinge was mal oor die trouring wat hy onlangs aan sy vrou se vinger gesit het. 

“So bly jy kon haar hart weer bly maak. Baie geluk @joblack8! Dis baie spesiaal en besonders mooi,” skryf een.

“Hierdie is die ware liefde waarna elke persoon streef! Dankie vir die inspirasie,” het nog een laat hoor. 

Die egpaar het ook vroeër vanjaar ’n groot mylpaal gevier.

Hulle was op 7 Maart 11 jaar getroud en het ook twee pragtige dogtertjies Dinieke (9) en Miané (6). 

View this post on Instagram

Date night with my girls??

A post shared by Jo Black (@joblack8) on

11 JAAR

“Daar gebeur baie in 11 jaar, maar die moeilikste ding wat ons al saam moes deurmaak, was toe dit ’n ruk lank finansieel nie so goed met ons gegaan het nie,” het Debbie voorheen aan Huisgenoot vertel

"Ek dink die moeilikste is as jy ’n man is wat vir ’n vrou en twee kinders moet sorg en jy kry dit nie reg om ’n dak oor hul kop te hou of kos op die tafel te sit nie. Jy voel dan minderwaardig. Ek dink die feit dat sy my deur daardie tyd so bygestaan en steeds so ondersteun het en nou terugkyk, dan besef jy ons is vir mekaar gemaak,” het Jo vertel. 

“Ek weet ek sou nie die man gewees het wat ek is en kon doen wat ek doen as dit nie vir haar was wat my so lief het en ondersteun nie,” het die sanger bygevoeg. 

Jo en sy gesin is tans in Australië waar die sanger oor die naweek met ander Suid-Afrikaanse sangers insluitend Jak de Priester, Brendan Peyper en Steve Hofmeyr by die Afrikaans Is Lekker-konsert gaan optree.

Afrikaans Is Lekker is ’n jaarlikse konsert wat in Nieu-Seeland en Australië gehou word. 

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Jongste uitgawe

8 Junie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees