Camilla, die eens gehate “ander vrou” wat bygedra het tot die verbrokkeling van Charles se huwelik met prinses Diana, het stadig maar seker harte begin wen onder die Britte. In die 17 jaar sedert sy met Charles (73) getroud is, het Camilla baie reggekry danksy die ondersteuning van ’n noue groep vroue in haar lewe.
Maar wie is die vroue in die nuwe koningin-gemalin se binnekring?
Die 73-jarige Annabel is Camilla se jonger suster. Die susters het ook ’n broer gehad, Mark Shand, wat in 2014 oorlede is.