book-icon Uitgawe 11 Julie 2019

KYK: Friends-ster verslons en afgeleef in NY gekiek

akkreditasie
Die akteur Matthew Perry is onlangs vir die eerste keer in twee jaar in die openbaar gewaar. Hy het in Augustus verlede jaar drie maande in die hospitaal deurgebring nadat hy by die dood omgedraai het.
Die akteur Matthew Perry is onlangs vir die eerste keer in twee jaar in die openbaar gewaar. Hy het in Augustus verlede jaar drie maande in die hospitaal deurgebring nadat hy by die dood omgedraai het.

In New York stap ’n gehawende man in die straat af. Sy klere is verslons, sy vingernaels lank en vuil en aan sy T-hemp kleef iets wat soos oorskietkos lyk. Jy sal nooit sê dié toiingrige, verwaarloosde figuur was op sy dag een van Hollywood se blinkste jong sterre nie; deel van ’n groep akteurs wat die ganse sitkomwêreld vir altyd verander het.

Matthew Perry het 10 jaar lank die rol van Chandler Bing in die sitkom Friends vertolk, en almal wat van dié reeks gehou het, was mal oor Chandler. Vlymskerp en gevat, met ’n goeie hart, lojaal aan Joey (Matt LeBlanc), dolverlief op Monica (Courteney Cox) en soms effens gevrek – wel, dit was Chandler. Maar hy was wonderlik.

Webtuistes ter ere van dié karakter is selfs opgerig met name soos Why Chandler Is the Best Character on Friends.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

2 Junie 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees