Die aktrise Gwyneth Paltrow het haar en manlief, Brad Falchuk, se nuwe huis op 2 Februarie aan Architectural Digest gewys en ’n vinnige toer van die portaal, kombuis, sitkamer, ’n klein badkamer en haar spa-vertrek gegee.
Hoewel Gwyneth nie verklap het wanneer sy en Brad ingetrek het nie, het sy wel gedeel dat hul huis se dekor en uitleg geïnspireer word deur haar tyd in Europa.
Met Gwyneth wat die kameraspan van Architectural Digest by die ingang verwelkom, kon sy sommer dadelik vir hulle wys dat sy ’n kaggel in die portaal het.