KYK: Internasionale skoonheidskoninginne kuier lekker in die Kaap

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Catriona Gray, Andrea Meza en Pia Wurtzbach is tans in Suid-Afrika vir die Mej. Suid-Afrika-kompetisie. Foto: Gallo Images/Getty Images
Catriona Gray, Andrea Meza en Pia Wurtzbach is tans in Suid-Afrika vir die Mej. Suid-Afrika-kompetisie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Die top-10-deelnemers is besig om hul finale onderhoude voor ’n paneel van glanspersoonlikhede te voltooi. Die paneel sluit in oud-Mejj. Suid-Afrika Basetsana Kumalo en Tamaryn Green, aktrise Shannon Esra, radio-persoonlikheid Dineo Ranaka en prof. Mamokgethi Phakeng, visekanselier van die Universiteit van Kaapstad. 

Vanjaar se kroningsplegtigheid op 16 Oktober by die Grand Arena van Grandwest Casino sal ook deur ’n rits internasionale skoonheidskoninginne bygewoon word. Hier onder tel die Fillipyne se Pia Wurtzbach (Mej. Heelal 2015) en die huidige Mej. Heelal, Andrea Meza van Mexiko, wat albei op die beoordelaarspaneel is.

Catriona Gray, Mej. Heelal 2018, sal saam met SA se eie Zozibini Tunzi, wat die kroon in 2019 gedra het, die verrigtinge agter die skerms hanteer. 

Onder die eregaste sal ook Margaret Gardiner (Mej. Heelal 1978) en Rolene Strauss (Mej. Wêreld 2014) wees. Jamaika se Toni-Ann Singh, wat steeds sedert 2019 die Mej. Wêreld-kroon dra, sal ook in die gehoor wees.

Toni-Ann sal in Desember vanjaar haar opvolger kroon nadat die plegtigheid in 2020 afgestel is weens die coronavirus-pandemie. Die huidige Mej. SA, Shudu Musida, sal ons land by hierdie kompetisie verteenwoordig. 

Terwyl die deelnemers besig is met hul laaste voorbereidings, het Catriona en Pia die tyd gebruik om die beeldskone Kaap te verken. 

Die eerste stop op Pia se toer was die wynlandgoed Babylonstoren buite Franschhoek. 

“Ons wys Pia Wurtzbach so ’n bietjie Suid-Afrikaanse gasvryheid. Eerste stop, wyntoer by Babylonstoren,” het die amptelike Mej. Suid-Afrika-profiel op Instagram geskryf. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

25 Augustus 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees
Huisgenoot Eisteddfod

Wys jou talent en kry meestersklasse by bekendes!

Huisgenoot Eisteddfod
Is jou kind talentvol en lief vir die kunste? Skryf nou in vir Huisgenoot se splinternuwe aanlyn nasionale kunsfees.
Skryf nou in