Dié voormalige 7de Laan-aktrise, wat deesdae ook ’n modeontwerper is, en haar man, Altus, deel graag foto’s van hul eersteling in die sosiale media.
Die aktrise het onlangs ’n video op Instagram gedeel van klein Alexander wat uit volle bors sing en sy papierkitaar tokkel.
"Alexander se passievolle opvoering op sy papierkitaar, nadat hy sy oupa @josephkarlclark weer op die verhoog gesien het. (Nee, dit was nie ’n heavy metal show nie),” lui die inskrywing.