KYK: Karlien se Elah tuis en weer haar skattige ou self

akkreditasie
Selfietyd! Karlien van Jaarsveld en haar jongste spruit, Elah. Foto: Instagram.
Selfietyd! Karlien van Jaarsveld en haar jongste spruit, Elah. Foto: Instagram.
Dit gaan sommer weer klopdisselboom met klein Elah sedert sy tuis is.

Die sangeres Karlien van Jaarsveld moes gister haar jongste spruit hospitaal toe neem vir ’n ondersoek.

“Soos julle kan sien is ons prinses Elah weer heeltemal oukei ná haar dag se gebeure en veilig by die huis,” het Karlien haar aanhangers in die sosiale media gerusgestel.

“As 'n mens na haar kyk, kan jy duidelik sien hoe God haar voorberei het vir hierdie pad, lank voor ek oor haar gedroom het, het Hy oor haar gedroom,” skryf Karlien. 

“My hart vat soms net langer om in lyn te kom met die droom en God se tydlyn,” voeg sy by.

Elah is in Oktober 2017 gebore en sowat sewe maande later het hulle die skokdiagnose gekry; Elah het ’n lewensgevaarlike mediese toestand – ’n bloedklont in die poortaar wat bloed voorsien aan haar lewer, milt, maag en pankreas. 

In 2018 het Elah ’n terugslag gehad toe die are in haar slukderm en maag begin bloei het. Op 16 Februarie verlede jaar is sy uit die hospitaal ontslaan nadat ’n groot operasie om die vernoude aar met 'n aar van elders in haar lyfie te vervang, onsuksesvol was.

Die sangeres verduidelik voorts op Instagram dat Elah se mediese uitslae “baie baie goed” is vir haar toestand. “Die milt verwoes nie meer al die bloedplaatjies nie; haar liggaam maak nuwe are wat bloed vervoer na die lewer en pankreas en dis alles wonderwerke,” skryf Karlien. 

“Dit gaan goed met Elah. Sy is ’n gelukkige klein dogtertjie,” vertel Karlien se ma en bestuurder, Ronel Brink.

View this post on Instagram

Moet sê, die aksent is vir my vreemd??

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

Die nuus oor Elah se herhaalde besoeke aan die hospitaal het aanhangers gekwel aangesien hulle gaande is oor die foto’s en video’s van Elah wat Karlien gereeld in die sosiale media deel. Hierop is die blondekoppie met die krulhare ten spyte van haar mediese geskiedenis altyd vrolik en sorgeloos.

“Dit is vir Karlien lekker om foto’s en video’s van Elah te neem en dit met haar volgelinge in die sosiale media te deel,” sê sy.

View this post on Instagram

Gister ‘n muurklimmer, vandag ‘n madam

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

Ronel vertel dat Karlien binnekort net soos sy met foto's van haar tweelingseuns, Eliah en Daniël (6), maak nie meer foto’s of video’s in die sosiale media gaan deel waarop Elah se gesig duidelik te sien is nie.

Karlien is 32 weke swanger en Elah sal binnekort ’n bababoetie, Johannes Samuel Breytenbach, bykry.

Jongste uitgawe

9 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees