KYK: Legendariese Mark Harmon groet NCIS ná 18 jaar

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Hy was 18 jaar lank die gesig van 'NCIS', maar spesiale agent Leroy Jethro Gibbs het sy wapenskild neergelê.
mark harmon
Mark Harmon groet NCIS ná 18 seisoene. Foto: Alamy

Mark Harmon (70), wat die rol van Gibbs vertolk, het op 11 Oktober in episode vier van seisoen 19 vir die laaste keer in die reeks NCIS verskyn. 

In dié episode sê Gibbs vir spesiale agent Timothy McGee (Sean Murray) en NCIS-direkteur, Leon Vance (Rocky Carroll), dat hy nie saam met hulle na Washington, DC, toe teruggaan nie. 

Dié span was in Alaska waar NCIS (die Naval Criminal Investigative Service) aan ’n saak gewerk het oor ’n huurmoordenaar wat deur ’n plaaslike maatskappy gehuur is. 

Gibbs staan en vang vis wanneer hy vir McGee sê: “Ek gaan nie terug nie, Tim. Ek gaan nie terug huis toe nie.”

mark harmon
Gibbs sê in die jongste episode van die reeks hy gaan nie terugkom huis toe nie. Foto: Alamy

McGee vra Gibbs wat hy in Alaska soek, maar Gibbs sê vir hom hy weet nie. Dit is bloot ’n gevoel dat hy daar moet bly omdat hy vir die eerste keer sedert sy vrou en dogter se dood weer vrede gevind het. 

mark harmon
Dit is dalk nie die laaste sien van Gibbs nie, al verlaat Mark die reeks. Foto: Alamy

En hoewel Mark ná byna twee dekades die rol van Gibbs groet, sê Steve Binder, een van die vervaardigers van die reeks, dat niemand moet dink hulle het die laaste van Gibbs gesien nie. 

“Mark is ’n liewe vriend, en hy is een van die vervaardigers van die reeks. Hy sal dus steeds ’n integrale rol in die vervaardiging van NCIS vervul.” 

Mark het nie enige redes verskaf hoekom hy dié rol ná 18 seisoene as die hoofkarakter groet nie. 

NCIS is so gewild dat uitloperreekse daarvan geskep is: NCIS: Los Angeles, NCIS: New Orleans en NCIS: Hawaii

Bronne: Deadline, CNN, The Hollywood Reporter

Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees