Die Binnelanders-akteur Clint Brink is nie net sy vrou, die fiksheidsmodel en gewese Survivor-finalis Steffi Brink, se grootste ondersteuner nie; sy volg ook deesdae in manlief se toneelspelvoetspore.
Steffi is nou ook ’n sepiester. Sy het onlangs haar debuut gemaak as Rita in die kykNET-sepie Getroud met rugby.