KYK: Lui trouklokke dalk eersdaags vir Trevor Noah?

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Hy het glo al miljoene op ’n huis vir hulle spandeer – voordat hulle opgebreek het. Nou blyk dit egter hulle mag dalk die volgende stap in hul verhouding neem.

Dís nou as jy Anele Mdoda, vriendin van die Suid-Afrikaanse komediant Trevor Noah, se Instagram-storie kan vertrou . . . 

LOS ANGELES, CALIFORNIA - SEPTEMBER 19: Trevor Noa
Die Suid-Afrikaanse komediant Trevor Noah. Foto: Getty Images/Gallo Images

Anele, die Suid-Afrikaanse radio- en televisieaanbieder, het onlangs ’n foto van Trevor, aanbieder van The Daily Show, en sy meisie, die Amerikaanse aktrise Minka Kelly, op haar Instagram-storie gedeel, waar sy Minka as ’n “Makoti” met talle drukkie-emotikons beskryf het. 

NEW YORK, NY - OCTOBER 03: Minka Kelly attends Ti
Die Amerikaanse aktrise Minka Kelly. Foto: Getty Images/Gallo Images

Makoti beteken “bruid”, “pasgetroude vrou” of “skoondogter”. Die woord het in die Zoeloe-kultuur ontstaan, maar word wyd in Suid-Afrika gebruik.  

Hoewel die skindertonge al sedert 2020 oor Trevor en Minka se verhouding klap, was daar verlede jaar talle gerugte dat die twee opgebreek het nadat Trevor vir hulle ’n huis gekoop het. 

minka kelly
Die foto wat gedeel is. Foto: Skermgreep/Instagram

Maar nou het Trevor vir Minka saamgebring na Suid-Afrika waar sy talle van sy vriende ontmoet en saam met hulle gekuier het. 

Die foto’s van die twee se besoek is ook wyd op Trevor se vriende se Instagram-rekeninge gedeel, al het Trevor en Minka self net een foto elk opgelaai. 

minka kelly, trevor noah
Kyk net hoe loer Trevor en Minka onderlangs vir mekaar. Foto: Skermgreep/Instagram

Op die foto wat Minka Sondag van hul kuier gedeel het, skryf sy oor haar vakansie in Suid-Afrika. 

“Neem ’n reis na Suid-Afrika. Vind vriende soos hierdie. Het ’n vakansie van ’n leeftyd. Dankie, Mzansi,” het Minka geskryf. 

minka kelly
Minka sit en speel kaart, terwyl sy in Suid-Afrika kuier. Foto: Skermgreep/ Instagram

Anele het hierna Minka se foto op haar Instagram-storie gedeel, waarna sy Minka as ’n “Makoti” beskryf het. 

In die foto wat Trevor van hom, Minka en sy vriende gedeel het, het hy egter net een van sy vriende met sy verjaardag gelukgewens. 

minka kelly, trevor noah
Dit is die vakansie van 'n leeftyd. Foto: Skermgreep/ Instagram

Luidens berigte in verskeie Amerikaanse mediapublikasies het Trevor en Minka egter verlede jaar opgebreek. 

Maar, het ’n betroubare bron aan die tydskrif People gesê: Dit blyk dié tweetjies breek nogal gereeld op. 

’n Bron het in Augustus 2020 aan People bevestig dat Minka en Trevor begin uitgaan het. 

“Hulle is baie gelukkig. Dit is ’n baie ernstige verhouding,” het die bron gesê. 

Trevor en Minka het egter nooit op hul sosialemediaplatforms te kenne gegee dat hulle wel in ’n verhouding is nie. 

Volgens dié berigte het Trevor verlede jaar in Januarie $27,5 miljoen vir ’n huis vir hom en Minka in die Bel-Air-area in Los Angeles opgedok. 

Maar dit blyk hul paadjies het in Mei geskei, luidens bronne. 

Dít het egter nie lank gehou nie, het die bronne onthul, omdat hierdie twee glo gereeld opbreek en opmaak. 

“Hulle breek op en dan kom hulle weer by mekaar uit. Dit lyk asof hulle regtig baie lief vir mekaar is. En elke keer wanneer hulle weer by mekaar uitkom, probeer hulle hul bes om dit te maak werk,” het ’n bron aan People gesê. 

En dit lyk of dít moontlik vir Trevor en Minka kan werk. Dié twee verskyn immers op video’s waar hulle lekker dans of sommer net ’n bootrit in Suid-Afrika geniet. 

Bronne: Instagram, e-online, People, US Weekly, Daily Mail

Teken hier vir ons nuusbriewe in:

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!

Jongste uitgawe

11 Augustus 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees
Huisgenoot Eisteddfod

Wys jou talent en kry meestersklasse by bekendes!

Huisgenoot Eisteddfod
Is jou kind talentvol en lief vir die kunste? Skryf nou in vir Huisgenoot se splinternuwe aanlyn nasionale kunsfees.
Skryf nou in