KYK: Madonna (62) se vurige oomblik met 26-jarige kêrel

akkreditasie
Sy het nog altyd die koppe laat draai en selfs al is sy naby aan aftree-ouderdom lyk dit nie of daar enige keer aan haar is nie.

Nuwe foto’s van ’n sexy Madonna met spookasem-pienk hare wys hoe sy en haar bloedjong kêrel, Ahlamalik Williams (26), ’n passievolle soen teen ’n draadheining deel. 

“Wees lief vir wat jy doen en doen waarvoor jy lief is,” het die sangeres by die foto geskryf. 

Madonna en Ahlamalik Williams deel 'n passievolle
Madonna en Ahlamalik Williams deel 'n passievolle oomblik. Foto: Instagram

Ahlamalik is ’n allemintige 36 jaar jong as Madonna. 

Die paartjie se paaie het die eerste keer in 2015 gekruis toe hy ’n oudisie gedoen het om 'n danser te wees in haar Rebel Heart-toer, maar gerugte dat daar ’n romanse aan die broei is, het eers in September 2019 die rondte gedoen, berig Us Magazine

In Desember verlede jaar het Ahlamalik se pa, Drue Williams, die gerugte bevestig en gesê sy seun en die ma van ses sien mekaar al ’n jaar lank. 

Maar wie is Ahlamalik?

Hy is ’n beroepsdanser en choreograaf van Sacramento in Kalifornië. Hy is opgelei in ’n mengsel van hip-hop-danstegnieke en het begin as ’n kunstenaar wat in die strate van Las Vegas opgetree het.

View this post on Instagram

????

A post shared by Ahlamalik Williams (@ahla_malik) on

Die groot deurbraak in sy loopbaan het in 2013 gekom toe hy een van 63 dansers was wat gekies is vir die Michael Jackson: One-vertoning deur die Cirque du Soleil. Ná die einde van Madonna se Rebel Heart-toer in Maart 2016 was hy weer deel van die sangeres se span as ’n danser en choreograaf vir haar Madame X-toer, wat in September 2019 begin het. 

Intussen blyk dit of die paartjie ernstig is, want hulle was in Desember saam op vakansie in die Maledive-eilande saam met van Madonna se kinders, en hulle het selfs die inperking saam deurgebring. 

Madonna het ses kinders: Lourdes (24), Rocco (20), David (15), Mercy (14) en die tweeling Estere and Stella (8).

Madonna het nog net een verhouding gehad met iemand wat ouer as sy is. Sy en die akteur en vervaardiger Warren Beatty (83), wat 21 jaar ouer as sy is, het tussen 1989 en 1990 ’n vlugtige romanse gehad.

Die sangeres Madonna het 'n bloedjong kêrel in haa
Die sangeres Madonna het 'n bloedjong kêrel in haar lewe, Ahlamalik Williams. Foto: Instagram

Die ander mans in haar lewe was almal jonger en sluit in die model Kevin Sampaio wat 33 jaar jonger as sy is, die danser Timor Steffens wat 30 jaar jonger as sy is, en die danser Brahim Zaibat wat 29 jaar jonger is.

Bronne: Standard.co.uk, Dailymail.co.uk, Mirror.co.uk, Thesun.co.uk

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe

Jongste uitgawe

9 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees