Sasha-Lee het op 19 November in die Britse hoofstad aangekom en deel sedertdien op haar Instagram-blad foto's van haar avonture daar.
Die nuwe Mej. Wêreld word op 14 Desember in Londen gekroon. Sasha-Lee sal teen deelnemers van 130 lande om die gesogte titel meeding.
Die vorige keer dat Suid-Afrika die Mej. Wêreld-titel verower het, was in 2014 toe Rolene Strauss as die wenner gekroon is. Die kompetisie is toe ook in Londen gehou.