KYK: Mej. SA, Shudu, verjaar en vang graad in een week

akkreditasie
Mej. Suid-Afrika Shudufhadzo Musida. Foto's: The Miss South Africa Organisation.
Mej. Suid-Afrika Shudufhadzo Musida. Foto's: The Miss South Africa Organisation.

Die skoonheid van die plattelandse dorpie Ha-Masia in Limpopo sê dis een van die beste verjaardaggeskenke ooit. 

“Ek is gelukkig om ’n verjaardag te deel met Nelson Mandela wat gesê het: Onderrig is die kragtigste wapen wat jy kan gebruik om die wêreld te verander. Dit is iets waarin ek glo,” sê Shudu aan Huisgenoot. Sy het op 18 Julie verjaar.

Shudu het reeds ’n graad in filosofie, politiek en ekonomie aan die Universiteit van Pretoria behaal. 

Sy het Dinsdag nes duisende ander Wits-studente aan ’n virtuele gradeplegtigheid deelgeneem. “Dit was anders as toe ek my eerste graad behaal het, maar dit is alles deel van die nuwe normaal waarin ons leef weens die covid-19-pandemie. Ek was wel hierdie keer ewe opgewonde,” sê Shudu. 

Hoe het sy dit reggekry om haar studies en verantwoordelikhede as Mej. SA te balanseer? “Ek kon altyd my modelwerk en studies balanseer en het voortgegaan om dit te doen toe ek as Mej. SA gekroon is. Dit was ’n kwessie van my tyd bestuur en gedissiplineerd wees.” 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

19 Mei 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees