Sy beskryf dié koel somersdag, saam met vriende en familie almal in helder kleure aangetrek, as ’n heerlike dag vol bederf. “My strooimeisies is ongelooflik en hulle het verskriklik baie moeite gedoen om te verseker dat dié dag perfek was.”
Die geleentheid is by die Knus Karoo Kafee in die Paarl gehou. Sy het ’n gevoel van liefde en dankbaarheid ervaar die oomblik toe sy by die deure ingekom het, onthou sy vandag. “Dit was oorweldigend – ek het so spesiaal gevoel toe ek besef hoeveel mense van ver af gekom het om die dag saam met my te vier. Mense wat letterlik hul langnaweek kortgeknip het om daar te wees.”
Met al haar geliefdes om haar het sy uitgesien na die speletjies en die lekker kuier wat die geleentheid ingehou het.