Hulle is soos Suid-Afrika se eie Pamela Anderson en Tommy Lee. So sê sy self. Wilder as wild. Maar nie dat hulle soos dié Amerikaanse glanspaar van destyds wíl wees nie, skerm hy gou.
“Ons probeer nie soos hulle wees nie; ons probeer soos niemand anders wees nie. Ons is net onsself. Dít is miskien die ooreenkoms tussen hulle en ons: Hulle is ook net hulleself en steur hulle nie ander mense nie.”