KYK: Pieter Koen lag ná Brendan Peyper sy musiekbussie 'steel'

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Hy is dalk nie so onskuldig soos wat hy lyk onder daai aantreklike skitterwit glimlag en bultende spiere nie . . .

Die Afrikaanse sanger Brendan Peyper mag dalk net-net die stoutseun van die Afrikaanse musiekbedryf wees nadat hy die sanger Pieter Koen se musiekbussie “gesteel” het. 

Maar hokaai, stoppie lorrie . . . Pieter het darem toestemming gegee dat Brendan sy bussie mag “steel” . . . 

Brendan vertel aan Huisgenoot hy en sy musiekgroep het destyds in 2018 verby Pieter se huis in Montana in Gauteng gery en net daar en dan besluit om Pieter se bussie vir ’n pretrit te neem. 

“Ons het geweet Pieter los altyd sy sleutels in sy bussie en hy sluit dit nooit. Ons het verby sy huis gery, die bussie gesien en toe het ons besluit om Pieter ’n poets te bak . . .”

Hy en sy musiekgroep was in Montana vir ’n vertoning toe hulle dié poets gebak het. 

Maar nou, meer as drie jaar later, is Pieter se bussie wéér vort. Dié keer weet hy egter Brendan is die sondebok, want hy het immers toestemming gegee dat hulle sy bussie mag “steel”.

Brendan en sy musiekgroep het aan hul nuwe musiekvideo vir "Nooit ’n glas" geskiet en besluit om Pieter te nader om sy bussie vir die beeldmateriaal daarvan te “steel”. 

’n Kameraman het dié toneel geskiet en geweet waar hy moet staan sodat dit soos diefstal op kringtelevisie sal lyk. En die musiekgroep het by die bussie “ingebreek” terwyl alles verfilm word. 

Brendan verklap die klankingenieur en padbestuurder, Lanché Oelofste, was die groep se “getaway driver” nadat hulle in die bussie geklim het. 

Hulle het Pieter gevra of hulle sy bussie vir hierdie musiekvideo kan gebruik, juis omdat hulle destyds in 2018 die bussie vir ’n pretrit om die blok geneem het. 

“Ons het gedink dit is cheesy genoeg om sommer ’n lekker fun video daaruit te maak,” verduidelik Brendan.

Maar hoekom moes juis Pieter die “slagoffer” van hierdie musiekvideo wees?

“Want nié net voldoen Pieter se bussie aan die vereistes vir die video nie, maar Pieter is ook een van my groot vriende in die bedryf en hy is ’n baie lekker ou,” sê Brendan.

En Pieter hét darem vergoeding vir sy bussie ontvang, verklap Brendan. 

“Ons het vir hom gevra of hy deel hiervan sal wees en gelukkig het hy ingestem. Ons het ook vir hom ’n kis brandewyn gekoop. So, hy het maar vinnig ja gesê.”

Brendan sê nadat hulle met die bussie weggery het, het hulle sy nuwe liedjie “Nooit ’n glas” oor-en-oor-en-oor-en-oor gespeel. 

En hoe het Pieter oor hierdie hele busdiefstal gevoel?

Hy lag lekker in sy antwoorde aan Huisgenoot

“Dit was omtrent ’n vreemde versoek, maar ek het onmiddellik uit ’n bemarkingsoogpunt van die idee gehou.”

Pieter sê Brendan-hulle het ’n kort opsomming en konsep gegee. Hy het hier en daar voorstelle gemaak en van daar af is hul groot "diefstal" beplan en uitgevoer. 

Teken hier vir ons nuusbriewe in:

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!

Jongste uitgawe

20 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees