Die sewejarige tweeling was gister saam met hul pa, prins Albert (63), by die tradisionele vissersboot-brandseremonie om die land se jaarlikse Sainte-Dévote dag te vier.
Die kleingoed was knus in dik jasse teen die koue gepantser en hul tante prinses Caroline (65) en hul neef en niggie Louis Ducruet (29) en Camille Gottlieb (23) – prinses Stephanie se kinders – was ook saam.
Sainte-Dévote is die beskermheilige van die prinsdom en elke jaar op die vooraand van Sainte Dévote-dag word ’n simboliese vissersboot aan die brand gesteek.