Die paartjie, wat in Desember verlede jaar op die prentjiemooi MolenVliet-wynplaas tussen Stellenbosch en Franschhoek afgehaak het, vertel hulle het elke oomblik in die Bosveld geniet.
“Dit was absoluut ongelooflik. Ons is soos koninklikes behandel vanaf die oomblik wat ons daar aangekom het,” vertel Kirsten aan Huisgenoot.
“Die personeel het alles gedoen om ons te akkommodeer wat ons reis pret en onvergeetlik gemaak het.”