Die egpaar, wat in Londen woon, se dogter is reeds op 27 Julie in die Chelsea and Westminster-hospitaal in Londen gebore - en dit byna twee jaar nadat die paartjie hul seun, Harry, in die einste hospitaal verwelkom het.
Cameron (34), wat in 2012 'n goue medalje by die Olimpiese Spele losgeswem het, se dogter heet Olympia. “Ons het besluit op die naam Olympia omdat dit natuurlik ’n groot rol in my lewe gespeel het en baie gepas is aangesien Nefeli Grieks is,” vertel hy aan Huisgenoot.