In 'n dramatiese foto wat die produksiemaatskappy agter die fliek getwiet het, lê die 31-jarige Amerikaanse aktrise op die vloer, blykbaar snikkend in die valle van haar groot wit balrok.
’n Lusmaker wat onder die foto verskyn, lui eenvoudig: “Elke sprokie eindig.”
Terwyl die rok baie ooreenstem met dié wat wyle prinses Diana in 1988 tydens ’n amptelike besoek aan die Elysée-paleis in Parys gedra het, speel die film af tydens ’n "kritieke" naweek aan die begin van die 1990’s toe Diana een van haar laaste Kersfeeste by haar skoonma, koningin Elizabeth, se landgoed Sandringham in Norfolk in Engeland deurgebring het.