book-icon Uitgawe 18 Augustus 2022

Lalela Mswane se reis tot die kroon: My lewe as Mej. Supranasionaal

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Lalela Mswane. Foto's: Seweryn Cieslik en Instagram/@lalela_mswane
Lalela Mswane. Foto's: Seweryn Cieslik en Instagram/@lalela_mswane

Die skoonheid is op 15 Julie tydens die 13de Mej. Supranasionaal-kompetisie in Pole deur haar voorganger, Chanique Rabe van Namibië, gekroon. 

Lalela het stof in die oë van 69 ander skoonhede geskop om die eerste Suid-Afrikaner te word wat die Mej. Supranasionaal-kroon dra. 

Sy het op die verhoog in trane uitgebars en is later deur die skare toegejuig. 

“Toe hulle Suid-Afrika as Mej. Supranasionaal 2022 aankondig, is al wat ek kan onthou die gevoel van verligting wat ek ervaar het,” vertel sy.

“Daardie oomblik is ’n hoogtepunt van maande se harde werk, voorbereiding en ’n doelwit wat ek regtig wou sien realiseer. Ek is net so dankbaar dit het waar geword.”

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

6 Oktober 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees
Huisgenoot Eisteddfod

Wys jou talent en kry meestersklasse by bekendes!

Huisgenoot Eisteddfod
Is jou kind talentvol en lief vir die kunste? Skryf nou in vir Huisgenoot se splinternuwe aanlyn nasionale kunsfees.
Skryf nou in