Hy bly in ’n enorme en moderne huis met ses slaapkamers en vier badkamers. Dié huis het oorspronklik aan sy oupa Toppie van der Linde behoort wat 38 jaar gelede as die nasionale “Mielieman van die Jaar” aangewys is, vertel Petré Vermeulen toe ons by hom op sy en sy pa se plaas in die Vierfonteindistrik in die Vrystaat gaan inloer. Hier word met sonneblomme, mielies, bees en skaap geboer.
Sy ouers, Louwrens en Helené, woon in ’n aparte huis op die groot plaaswerf.