Meghan, die hertogin van Sussex, skryf 1ste boek – geïnspireer deur prins Harry

akkreditasie
Meghan, die hertogin van Sussex, voormalige aktrise, feminis, aktivis, vrou van prins Harry en ma van Archie, het nou nog ’n titel bygekry: dié van skrywer.

Die 39-jarige hertogin het onlangs haar eerste boek, The Bench, oor die spesiale band tussen pa’s en seuns, geskryf.

Die boek is geïnspireer deur haar man en hul seun. Die illustrasies is deur die bekroonde kunstenaar Christian Robinson gedoen en Meghan is die stem van dié boek se oudioweergawe.

Meghan se eerste boek, 'The Bench'. Foto: Ran
Meghan se eerste boek, 'The Bench'. Foto: Random House.

Bronne na aan Meghan sê dit is die eerste van vele boeke wat sy in die toekoms wil skryf, sou dié een ’n sukses wees.

“Meghan hou van skryf en is baie goed daarmee,” het ’n bron gesê. 

The Bench het begin as ’n gedig wat ek op Vadersdag vir my man geskryf het die maand nadat Archie gebore is,” het Meghan in ’n verklaring gesê. 

“Daardie gedig het hierdie verhaal geword. Christian se pragtige en eteriese waterverf-illustrasies vang die warmte, vreugde en vertroosting van die verhouding tussen vaders en seuns uit alle vlakke van die samelewing vas; hierdie voorstelling was vir my besonder belangrik, en ek en Christian het nou saamgewerk om hierdie spesiale band deur ’n inklusiewe lens uit te beeld. 

“My hoop is dat The Bench aanklank vind by elke gesin, ongeag die samestelling, net soveel soos by myne,” sê Meghan, wie swanger is met hul tweede kind.

Bronne: vogue.com, Vanity Fair, HarpersBazaar

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe

Jongste uitgawe

27 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees