Meghan Markle se halfbroer, Thomas jr., waarsku: 'Harry is volgende op die kapblok'

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Hy het nog nooit ’n moordkuil van sy hart gemaak nie en Meghan, die hertogin van Sussex, se halfbroer het weer eens na sy beroemde suster gekap.

In ’n nuwe lokprent vir die Australiese program Big Brother VIP waaraan hy deelneem, sê Thomas Markle jr. (55) haar huwelik met prins Harry is gedoem. 

Hy sê die 40-jarige hertogin het op haar eerste man, die Amerikaanse rolprentvervaardiger Trevor Engelson, se kop gesit – en sy gaan dieselfde met die prins doen. 

“Sy het op die ou met wie sy die eerste keer getrou het se kop gesit en hom gelos.”

Toe ’n ander huismaat sê dit klink “koud”, het Thomas geknik en gesê: “Harry is volgende op die kapblok.”

Thomas se ma, Roslyn Markle, was vanaf 1964 tot 1975 met Meghan se pa, Thomas Markle, getroud. Hy het vir Harry in ’n brief gesê dis “nie te laat” om sy trouplanne met sy suster te verander nie en het bygevoeg Meghan is “nie die regte vrou vir jou nie”.

Hy het haar ook “aanstellerig” en “vals” genoem.

Meghan het in September 2011 getrou met Trevor, met wie sy in 2004 begin uitgaan het, maar hul paadjies het net 23 maande later geskei. 

Sommige meen sy het “hom gebruik” in haar ambisieuse planne vir sukses. 

Meghan Markle en haar eksman, Trevor Engelson.
Meghan Markle en haar eksman, Trevor Engelson. Foto: Gallo Images/Getty Images

In sy boek Meghan: A Hollywood Princess het Andrew Morton geskryf Meghan se trek na Kanada om Suits te verfilm en gevolglike egskeiding het die vervaardiger woedend gemaak. Hy sê Trevor het aan ’n vriend vertel hy het later gevoel soos “iets wat aan haar voetsool vassit”.

Meghan se voormalige beste vriendin en strooimeisie by haar eerste troue, Nina Priddy, het aan die Britse koerant Daily Express gesê die “manier hoe sy die egskeiding hanteer het, het beslis die mat onder Trevor uitgeruk. Hy was seergemaak.”

In die eerste lokprent vir die reeks sê Thomas: “Ek het vir prins Harry gesê: ‘Ek dink sy gaan jou lewe verwoes. Sy is baie oppervlakkig.’”

Toe hy gevra is hoe hy daaroor gevoel het om nie na hul troue in 2018 genooi te word nie, het hy gesê: “Ek is nie bitter nie, net dronkgeslaan. Dit maak seer gegewe hoe geheg aan mekaar ons eens was . . . Sy het haar vlees en bloed vergeet.” 

BRONNE: DAILYMAIL.CO.UK, EXPRESS.CO.UK
Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!

Jongste uitgawe

9 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees