Die vrou van die gewese Amerikaanse president Donald Trump, Melania, het in ’n onderhoud met Fox News oor die media gepraat en toe sommer laat val dat sy weer moontlik in 2024 in die Withuis as presidentsvrou sal wees.
“Moet nooit ‘nooit’ sê nie,” het Melania (52) gesê toe sy Sondag in die geselsprogram Fox & Friends verskyn het.
Hoewel haar man nog nie amptelik aangekondig het dat hy wel aan die 2024- presidensiële verkiesing sal deelneem nie, het Trump (75) wel daaroor geskimp.