Dit word die “beautiful game” genoem – en elke vier jaar kan ondersteuners die room van die sport in een ongelooflike toernooi in aksie sien.
Die Fifa-Wêreldbekersokkertoernooi is die grootste sportskouspel op aarde, en vanjaar se kragmetings in Katar beloof weer om volop drama, trane en triomf te wees.
Deel van die betowering van sokker is dat dit krotbuurtkinders in supersterre kan omskep – mits hulle oor sakke vol talent beskik en baie hard werk.