book-icon Uitgawe 3 Desember 2020

Minki kyk terug na 2020: 'Dit was net genade van Bo'

akkreditasie
Die TV-aanbieder
Minki van der Westhuizen straal
langs die Eersterivier op Stellenbosch,
waar sy en haar gesin woon. Foto: Jacques Stander
Die TV-aanbieder Minki van der Westhuizen straal langs die Eersterivier op Stellenbosch, waar sy en haar gesin woon. Foto: Jacques Stander

“Ek voel eintlik so half skuldig daaroor, maar dit was regtig vir my ’n wonderlike jaar,” vertel die aanbieder Minki van der Westhuizen terwyl sy haar op ’n vlootblou bank in haar gesin se ruim huis op Stellenbosch tuismaak. 

Dis ’n pragtige somerdag en Minki is so borrelend soos altyd – vir haar skyn die son byna altyd. Ook toe die covid-19-pandemie en die inperking die land vroeër vanjaar tot stilstand geruk het, het dit haar nie in ’n gat of groef laat beland nie.

Sy het dit geniet om meer gehaltetyd saam met haar man, die sakeman Ernst Joubert (40), en hul drie dogters deur te bring, vertel sy – dit was geseënde gesinstyd.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

30 Junie 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees