Die suksesvolle model Katryn Kruger is swanger en kan skaars wag om ma te word.
“Ek is vreeslik opgewonde,” sê Katryn. “Ek en my man het altyd geweet ons wil kinders hê. Ek sien uit na die volgende hoofstuk van ons lewe. Ons is al 10 jaar saam en hierdie babatjie is so wanted en reeds so geliefd.
“Soggens gaan staan ek in die sonkolletjies in die babakamer wat deur die blare val en verwonder my aan die mensie wat daar gaan woon en reeds ons harte vir ewig kom verander het.”