’n Katelknaap, ’n hewige rusie met ’n medeakteur en ’n huwelik wat ná 24 jaar op die rotse loop – daar is meer aksie in die aktrise Thandiwe Newton se lewe as in een van haar rolprente.
Dié geliefde aktrise, die dogter van ’n Zimbabwiese ma, het oor die jare naam gemaak in rolprente soos Mission Impossible 2 en die TV-reeks Westworld en was nog altyd bekender vir haar begaafde toneelspel as vir drama in haar persoonlike lewe.
Maar dit het oornag verander.