So het die aktrise Leandie du Randt op Instagram geskryf nadat sy en Stephan sy verjaarsdag twee weke gelede saam gevier het.
Albei het foto’s van dié geleentheid gedeel met Leandie wat Stephan as die liefde van haar lewe beskryf.
“Veels geluk aan die liefde van my lewe, Stephan Neethling. Jy maak my net ’n beter version van myself. Dankie! So dankbaar dat jy gebore is en in ons lewens is! Ek bless jou met al die mooi en lekker in die lewe forever,” het sy geskryf.