Hulle is tam, stoei met lyfseer en ervaar steeds verskriklike hoofpyne.
Só sê die kunstenaars Nádine, Germandt Geldenhuys en Ruhan du Toit oor hul ervaring van die covid-19-virussiekte.
Al drie kunstenaars – asook die musiekbemarker Lydia Winchester – het dié virussiekte in die afgelope maand opgedoen.