Al wat verander het, sê hulle, is dat hulle nie meer ’n romantiese paartjie is nie.
Vir hom is die fyn donkerkop steeds sy “Flo”. En vir haar bly die sjarmante akteur steeds “skattie” – nes hy nog altyd was. Hulle het mekaar steeds lief. Hulle lag steeds vir én saam met mekaar.
Hulle het bloot besef hul liefde is nie die liefde van ’n romantiese paartjie nie.