Die sanger het Vrydag in die vroeë oggendure stil heengegaan na “sy hemelse huis”, het sy vrou, Almitra, in ’n verklaring gesê.
“Adam is vanoggend vroeg na sy hemelse huis waar hy uiteindelik pynvry kan wees en weer sing en hardloop. Dankie vir elkeen wat ons gedra het in gebed en nog sal. Die wêreld se gebede omring ons en dis wat ons nou nodig het.”
Huisgenoot het net dae gelede, in die laaste dae voor sy dood, met die sanger se naastes gesels, en saam het hulle vertel dat hulle net een wens het: Dat God se wil geskied, al beteken dit ook sy dood. Hier is hulle woorde.