Nuwe glanspaar: Als oor Channing Tatum en Zoë Kravitz se witwarm romanse

akkreditasie
Daar is ’n nuwe glanspaartjie in Hollywood. Dit gons dat Channing Tatum en Zoë Kravitz ’n paartjie is nadat hulle op ’n fietsry-uitstappie in New York gewaar is.
Zoë Kravitz en Channing Tatum
Zoë Kravitz en Channing Tatum. Foto: Gallo Images/Getty Images

In die foto’s ry die 41-jarige akteur van Magic Mike-faam ’n swart BMW terwyl Zoë (32) agterop die fiets staan en hom styf vashou, met haar arms om sy nek gevou. 

Volgens bronne het die vonke begin spat nadat hulle aan die fliek Pussy Island gewerk het.

“Chan was my eerste keuse, die een aan wie ek gedink het toe ek die karakter geskryf het,” sê Zoë, wat ook die regie van die fliek behartig het. Die riller vertel die verhaal van ’n jong kelnerin wat ’n ogie het op ’n aantreklike tegno-magnaat (gespeel deur Channing). 

Sy word in sy wêreld vasgevang en later na ’n privaat eiland genooi vir ’n intieme kuier. Dan besef sy daar is groot fout. 

Zoë sê Channing was perfek vir die rol.

“Ná Magic Mike en uit sy optredes het ek net geweet hy’s ’n ware feminis, en ek wou werk saam met iemand wat belangstel daarin om hierdie onderwerp te verken.”

Channing, wat roem verwerf het in die 2006-dansfliek Step Up, was aangenaam verras toe sy vir hom die rol aanbied. “Ek het haar nie geken nie,” sê hy.

“Ek het haar flieks gekyk, geweet sy het die TV-reeks High Fidelity vervaardig en dit ook gekyk, maar ek het nie geweet sy skep op hierdie vlak waar sy ook wou regisseer nie."

“Niemand het al vir my ’n kans gegee om ’n rol soos hierdie te vertolk nie. Dit was vreesaanjaend en bevrydend.”

Channing en Zoë het nog nie bevestig hulle is saam nie, maar ’n bron na aan die paartjie sê daar broei meer as net vriendskap tussen hulle. “Hulle bring baie tyd saam deur en het pret saam,” sê die bron.

“Hulle is meer as net goeie vriende of medesterre. Hul verhouding het in iets meer ontwikkel.”

Zoë het in Desember 2020, ná ’n huwelik van 18 maande, om ’n egskeiding van die akteur Karl Glusman (33) aansoek gedoen.

Zoë en haar eks, Karl Glusman.
Zoë en haar eks, Karl Glusman. Foto: Gallo Images/Getty Images

Channing, wat in 2018 ná ’n huwelik van nege jaar van die aktrise Jenna Dewan (40) geskei het, is ’n enkelloper nadat hy verlede jaar met die Britse sangeres Jessie J (33) uitgemaak het. 

Channing en sy eksmeisie, Jessie J.
Channing en sy eksmeisie, Jessie J. Foto: Gallo Images/Getty Images

Hy en Zoë, wat ook in die trefferreeks Big Little Lies te sien was, het die afgelope ruk baie geheg aan mekaar gelyk op uitstappies waar hulle yskoffie gekoop het. En as jy so kyk na haar beroemde pa, Lenny Kravitz (57), se inskrywing in die sosiale media is hy ook ’n aanhanger van Channing.

Toe Lenny onlangs ’n foto van sy maagspiere deel, het Zoë gevra of die legendariese rocker ’n oudisie vir Magic Mike 3 gaan doen. “Ek’s gereed,” het Lenny geantwoord, en Channing het hierop geantwoord hy sal hom binnekort bel.

Zoë en haar rockerpa, Lenny Kravitz.
Zoë en haar rockerpa, Lenny Kravitz. Foto: Gallo Images/Getty Images

Channing het ook vertel Zoë het sy modesmaak beïnvloed. “Ek was vir ’n rukkie versot op Crocs en sy het gou laat hoor: ‘Jy kan dit nooit weer dra nie.’ En ek het gesê: ‘Oukei, dis reg so.’ ”

Channing, wat ’n agtjarige dogter, Everly, by sy eksvrou, Jenna, het, voel nou soos ’n koel pa. “Ek voel koeler en haar siening oor my en die Crocs was eerlik,” sê hy. “Sy het ’n goeie argument gehad – die een ding wat ek reg kan doen, is om te luister.”

Bronne: Yahoo, Vanity Fair, People, E News   
Jongste uitgawe

18 Augustus 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees
Huisgenoot Eisteddfod

Wys jou talent en kry meestersklasse by bekendes!

Huisgenoot Eisteddfod
Is jou kind talentvol en lief vir die kunste? Skryf nou in vir Huisgenoot se splinternuwe aanlyn nasionale kunsfees.
Skryf nou in