In 2020 was die Klein Karoo Nasionale Kunstefees die eerste fees wat afgestel is weens die covid-19-pandemie. Sedertdien kon die fees net ’n aanlyn lewe hê.
Maar nou pas kon Oudtshoorn eindelik weer liefhebbers van die kunste op dié dorp verwelkom vir die 26ste KKNK.
“Die KKNK is terug in persoon!” het Hugo Theart, die fees se kreatiewe direkteur, by die amptelike opening verklaar. Al kon die teaters onder die covidmaatreëls net 50% vol wees, het die kaartjies goed verkoop en is buiteluggeleenthede goed ondersteun.