book-icon Uitgawe 28 Oktober 2021

Ons leer ons nuwe Mej. Suid-Afrika, Lalela Mswane, beter ken

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Lalela Mswane is onlangs by die GrandWest Arena in Kaapstad as die nuwe Mej. Suid-Afrika gekroon. Foto: Hanri Human en Misha Jordaan
Lalela Mswane is onlangs by die GrandWest Arena in Kaapstad as die nuwe Mej. Suid-Afrika gekroon. Foto: Hanri Human en Misha Jordaan

Sy woon deesdae in Pretoria, maar KwaZulu-Natal is waar sy tuis voel.

Lalela het die wonderlikste herinneringe van haar ouma, Sigcishaza Mthiyane (85), se huis in Richardsbaai.

Sy het tot op agt jaar oud daar gewoon saam met haar ma, Hleliselwe (57), broer, Mavela (35), en suster, Hlobisile (37).

“Sy het altyd die lekkerste groente en vrugte in haar tuin gehad. Alles was organies, en die avokado’s het soos botter geproe. Ek het dit as kind nie genoeg waardeer nie,” sê sy.

Hulle het later verhuis na Pretoria, waar Lalela by die Pro Arte-kunsskool ingeskryf waar sy dansstudies tot in matriek geneem het. In 2010, toe sy 13 was, is haar pa, Philip (56), ná ’n siekbed oorlede.

“Die grootste steunpilaar in my lewe is my ma,” sê sy. “Toe my pa oorlede is, moes sy skielik twee rolle vervul. Sy ken my so goed, ek weet nie of ek hier sou wees sonder haar nie.”

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

9 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees